Heinz Winckler en Charlize Berg @ Potters Place |

Tyd: Middagvertoning – 13:00;
Kaartjies: R120pp;

You & I - Heinz Winkler en Charlize Berg

You & I – Heinz Winckler en Charlize Berg

Heinz Winckler

SA se suksesvolste Idols-wenner nóg – Heinz Winckler – bewys weer hoekom hy een van die land se beste en gewildste popmusieksterre is. Ná nege jaar in die musiekbedryf, bied Heinz Winckler sy bewonderaars Sy vyfde album – 24/7/365 – ‘n gehalteproduksie met ‘n mengsel van luister-, dans-, saamsing- en selfs ‘n titseltjie saamdink-musiek! Elkeen van die 17 snitte hierop het trefferpotensiaal!

Soos altyd is Heinz se ballades gevul met sy suiwer popstem; selfs met meer emosie gepoets. Tussen dié juwele is die snitte 1001 Soene, Ek soek jou, Jy’s net myne en Wat jy nooit sal vergeet nie.

Ook met die kolskoot-popsnitte Groter as ons (innige vertolking, musikaal meevoerend, vokaal kragtig en volwasse kontemporêr!), Net soos in my droom, Wat jy nooit sal vergeet nie, 100%, Alles net vir jou, Dis waar ons begin en die ritmiese titelsnit 24/7/365.

Sy stemwerk kry nóg fluweel by in die smeulduet You & I – saam met die blink nuweling Charlize Berg.

Die albumstreling word voltrek op die snit My seun, my seën, sy eie skepping, opgedra aan sy seuntjie Lian.

Heinz Winckler

Heinz Winckler

Dan gryp Heinz die ritme dié keer met mening en menige feeste en dansvloere gaan bulder op die maat van die sweettapgenietinge Klein bietjie en Sewe dae en nagte: dis stuitige floumaakpret!

In Engels verseker hy hernieude nasionale lugtyd op Engelse radio met die liedjies Weight of the world en Blindfolded. Dis die styl wat hom as een van die wêreld se gewildste Idols-sterre nóg gevestig het.

HEINZ SÊ… Om so ‘n album aanmekaar te sit, is ‘n lang proses wat begin by die eerste woord en
noot van die eerste song wat geskryf word, en eindig wanneer al die songs op die meester-CD gesit en gedruk word, na die winkels toe gaan en in julle hande opeindig – of deesdae – deur jou afgelaai word na jou MP3- speler. Daar is baie rolspelers langs die pad van hierdie kreatiewe, dinamiese, organiese en partykeer stresvolle proses. Elke persoon se bydrae is baie belangrik om op die ou end vir julle die beste moontlike produk te lewer. Ek is bevoorreg om saam met ‘n baie talentvolle en toegewyde span te werk: van liedjieskrywers, vervaardigers, musikante en die wonderlike effektiewe span Select-Musiek-mense wat hierdie als moontlik maak en seker maak julle kry julle hande op my albums.

Ek dra met liefde hierdie album op aan my seun, Lian, wat in hierdie tyd een geword het. Jy is pappa se wilgerboom by die waterstroom wat nooit dors sal wees nie, want jy drink van die Lewende Water wat net Jesus kan gee. Ek en mamma is baie lief vir jou en ons spreek lewe, gesondheid en ‘n vol lewe oor jou uit in die naam van Jesus.

Charlize Berg

Charlize Berg is verlede jaar met die Rapport/Vonk-prys bekroon as die blinkste musiekvonds!

Charlize Berg het onaanvegbaar die mooiste stem wat nóg in Suid-Afrika gehoor is!

Charlize Berg

Charlize Berg

Daar is skakerings van Celine Dion, Leona Lewis en Christina Aguilera. Maar sy is onmiskenbaar eiesoortig. Charlize is vir internasionale bekendheid bestem! Op haar debuutalbum bied sy styluniekheid, gekenmerk aan genreveelsydigheid en pragtige vokale gimnastiek. Met hoofsaaklik oorspronklike nuutskeppings in Afrikaans en Engels, bied sy sestien snitte wat gestempel is met stylvolle ruiker musiekjuwele.

Daar is polspop, ritmiese blues-invloede en kragtige ballades. Met die liedjies Kom terug, kom weer, kom haal my (Niel Schoombee), Jy’t belowe (Don Kelly en Marc Brendon), Is dit ooit verby?(Niel Schoombee en Sean Butler) en Sit my saggies neer skep Charlize ‘n klank wat die sintuie – én lyf – oorrompel. Haar sensuele jeug skitter sorgeloos-verleidend op die polssnitte Waar is jy, Romeo? (Don Kelly en Marc Brendon) Hou jou mond en soen my (Niel Schoombee en Don Kelly), Waar is jy nou? (Niel Schoombie en Tiaan Prinsloo) en ‘n omwerking van ‘n Hansonboetiestreffer as Gee vir my ‘n rede . Sy stempel Kurt Darren se reusetreffer Hemel op Tafelberg met vokale stylprag en sy verbreed die luggolwe met die Engelse R&B-gepoetse snitte Hurt, Nodoby like you, Tenderly en Just a little bit longer. Die twee duette – Elke dag by jou – (met Kurt Darren) en You and I (met Heinz Winckler; geskryf deur Don Kelly) is reeds landwye radiotreffers.

Charlize Berg is ‘n SA sangeres wat met niemand anders verwar kan word nie. Sy is ‘n ster in wording – en nie net in Suid-Afrika nie!

Bookings essential

Contact Callie or Melissa / Kontak Callie of Melissa.

Skakel of mail ons gerus oor alle show navrae.

Tel. : 042 293 2500 
E-mail : bookings@pottersplace.co.za

Adres / Address : 
Hoek van Oosterland & St Francis Straat, Jeffreysbaai
Corner of Oosterland & St Francis Street, Jeffreys Bay

Fees : R120 pp

Event Categories: Events.

Place Your Review

Rate this place by clicking a star below :

Send To Friend

Captcha Verification
captcha image

Send Inquiry

Captcha Verification
captcha image