Valentine’s day – Stories of Love Songs @ Potters Place

Komplimentêre glasie vonkelwyn & ‘nspesiale Valentyns-menu met seekosse, steak en poedings.

Valentynsdag – Stories of Love Songs – FRANZ GELDENHUYS

Die internationale sanger en koor-afrigter, Franz Geldenhuys, het onlangs na Jeffreysbaai verhuis en het ingestem om by Potters ‘n Valantynskonsert te hou.

Die vertoning sal love songs van oor die hele wêreld insluit en die verskillende stories daarom.

Franz het aan die Technikon Pretoria se Operaskool gestudeer. Daarna het hy die International Voice Institute in San Francisco se diploma verwerf. Hy het verskeie opera produksies gedoen maar sy groot liefde was die ‘Lieder’. Later het hy oorgeskakel na ligte klassiek en van sy optredes was by die Royal Oasis Hotel in Malaga Spanje..Hy het ook met die samewerking van Tatra Travel, ‘n reeks konserte in Australia, Sydney, Newcastle en Melbourne en Pole vir kinders met kanker gedoen.

Hy was begeleier van die destydse Suid-Transvaalse Jeugkoor wat later by die Colla Voce Jeugkoor geword het. Hy het ook sy eie jeugkoor, die Bel Canto, in die Vaaldriehoek gehad. Daarna was hy vir verskeie jare begeleier van die Cantare Kinderkoor waar hy ook saam met die koor as solosanger in Oostenryk en Brittanje opgetree het.Een van sy vele hoogtepunte was ‘n optrede in die St Stevens Cathedral in Buddapest saam met tweehonderd kinders.

Hy het by verskeie skole musiek aangebied en was veral baie betrokke met die skryf en afrigting van revues en operettes. Hy was ook verskeie jare as beoordelaar by kompetisies en kunswedstryde betrokke.

As sanger het hy ‘n passie vir ligte klassieke musiek, maar sy repertoire sluit ook Afrikaanse/Engelse/Franse en Italiaanse liedere in. Hy en Ds Jasper Louw is tans besig om ‘n gemeenskapskoor in Loerie te stig om vir die kinders die wêreld van musiek oop te maak.

Hy het hom in Jeffreysbaai kom vestig waar hy hoop om weer `n Musiekskool vir oud en jonk op die been te bring.

Bookings essential

If you have any inquiries regarding the shows, don't hesitate to email or phone us.

Skakel of mail ons gerus oor alle show navrae.

Tel. : 042 293 2500 
E-mail : bookings@pottersplace.co.za

Fees : R 75.00 pp

Event Categories: Events.

Place Your Review

Rate this place by clicking a star below :

Send To Friend

Captcha Verification
captcha image

Send Inquiry

Captcha Verification
captcha image