Pieter is in so ‘n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. Ander reken weer dis beter om eerder sáám met Pieter te werk as teen hom, siende dat hy met sy unieke optredestyl die Suid-Afrikaanse volk tot ‘n hegte eenheid kan bind – iets wat nie in enige kunstenaar se broekspype sit nie.
Sy naam verskyn op byna elke groot kunstefees se kunstenaarslys en sy getroue aanhangers van die afgelope 9 jaar mis nie sommer sy shows by Firkin Centurion nie. ‘n Kuiersessie gemeng met nostalgie en uitstekende vermaak. Daar is Niemand Soos Pieter Smith wat ‘n gehoor kan laat lag en saamsing nie. Gn’ wonder hy kry ‘n staande applous na sy konserte nie.
Dit het nie als oornag gebeur nie. Dit het bloedsweet geverg om te kom waar hy is. Hy is baie dankbaar vir wat hy alles ingesit het om na 9 jaar steeds besig te wees om sy unike stempel af te druk op Afrikaanse musiek. Met sy eie lirieke en melodië, het Pieter Smith ‘n huishoudelike naam geword. “Mens moenie net uit Afrikaanse musiek tap nie, maar ook terug ploeg.” Sê Pieter.
Wanneer Pieter wegbreuk van die stad se lawaai sal jy hom heelmoontlik in Plettenberbaai met ‘n pak papiere en ‘n pen langs die strand betrap waar hy sy digterskuns op papier vaspen en terug kom met die mooiste liedjies wat ons saamsing op die radio en TV.
Pieter Smith
Ticket Price – R40
Door Price – R50
Late Band – R30
Venue/Location:
Jolly Dolphin
Jeffreys Bay
Fees : Ticket Price - R40 Door Price - R50 Late Band - R30
Event Categories: Events.