Jacques De Coning @ Potters Place |

Sy skitter-debuutalbum, Kaniklani, herverpak asGirl Van Die Klein- Karoo met treffers soos Girl Van Die Klein-Karoo, Kom Dans Met My, Boerereggae en Jannie Mag Nie Koor Sing Nie, is een van die belangrikste Afrikaanse albums wat in 2001&2003 in SA uitgereik is. Met slegs oorspronklike komposisies uit sy pen, het Jacques ‘n spektrum genres – van rock en pop tot boeremusiek en reggae – ontgin en ‘n reuse-bydrae tot die skatkis van nuwerwetse Afrikaanse musiek gelewer.

Met sy album, Afrikaans my trots, het Jacques die jeug aangepor om spontaan op die maat van FAK-liedjies te jol en trots op ons taal te wees! Die album het binne weke goue status bereik; die vinnigste nóg wat ‘n kunstenaar van Select-Musiek in daai jaar dié eer kon verwerf. Die album bereik 3de posisie op die SA Top 20 met net Internasionale name soos Ronan Keating en Shakira bo hom. Hy het hom stewig gevestig as een van Suid-Afrika se knapste en veelsydigste liedjieskrywers met sy oorspronklike nuutskeppings. Sy vertonings – met net ghitaar en stem – is vol oemf, geesdrif en ritmiese vokaliteit .

Jacques se vierde album TROTS is ‘n gebalanseerde vermenging tussen heerlike saamsingliedjies en oorspronklike werke. Hierdie album dien as ‘n basiese samevatting van die repertoire wat Jacques bekend gemaak het.

Met Jacques de Coning se album Veels Geluk gee Jacques sy bewonderaars ‘n feesgerigte album met onder meer drie keurspele – waarin hy gewilde Engelse treffers in ‘n aanvullende Afrikaanse eiesoortigheid uit sy pen verweef. In die snitte Die grootvoëlkeurspel, die Itsy bitsy-keurspel en die Million drums-keurspel verras hy telkens met oorspronklike musikale brûe tussen die beproefde gunsteling goed.

 

Fees : R 100.00 p p

Event Categories: Events.

Place Your Review

Rate this place by clicking a star below :

Send To Friend

Captcha Verification
captcha image

Send Inquiry

Captcha Verification
captcha image